Hoërskool Jim Fouché





PRYSUITDELING

2024 PROGRAM 1. SKRIFLESING EN GEBED Hoofleiers 2. ITEM: Bellissima 3. VERWELKOMING Mnr. J.J. de Wet 4. JAARVERSLAG Mnr. H. Wilken 5. BEDANKING: Jaarverslag Mnr. R. Marais 6. BUITEMUURS 6.1. Kultuur Me. A. Slabbert 6.2. Prestasies buite skoolverband Mnr. H. du Preez 6.3. Sport Mnr. R. Dreyer 7. ITEM: Du Preez Stolz 8. AKADEMIESE TOEKENNINGS (Diplomas, Halfkleure, Erekleure, Vakpryse, Spesiale Toekennings) 8.1. Graad 8 Me. M. Venter 8.2. Graad 9 Me. C. van Zyl 8.3. Graad 10 Me. E. de Klerk 8.4. Graad 11 Me. R. van der Merwe 8.5. Graad 12 Me. C. Wagener 9. MERIETETOEKENNINGS Mnr. H. Wilken 10. HOLTZHAUSENBEURS Mnr. H. Wilken 11. VEELSYDIGHEIDSTOEKENNING Mnr. H. Wilken 12. VOORSTELLING VAN KOSHUISPREFEKTE 2025 Mnr. J. van Zyl 13. BEDANKING EN VOORSTELLING VAN VRL 2025 Mnr. J. van Zyl 14. AFSLUITING: SKOOLLIED 1

PRYSUITDELING

PRYSUITDELING

2024 1. INLEIDING Die jaar 2024 het omtrent verbygesnel. Van vele suksesse en uitdagings, oplossings tot teleurstellings, en vreugdevure wat hoog gebrand het, het die vol jaarprogram oneindig baie geleenthede aan ons leerders en JF-gemeenskap gebied. Die massadeelname op buitemuurse gebied was ‘n gesig om te aanskou. Baie dankie aan elke leerder wat JF gelééf het. Ons sê mos nie verniet dat JF meer as net ‘n skool is nie; dit is ‘n leefwyse! Op die akademiese akker het leerders en opvoeders met oorgawe gesaai, en nou word daar met groot verwagting na die einde van die jaar se uitslae uitgesien. Altesaam 202 matrieks begin op 21 Oktober 2024 met hul eindeksamen. Vir die res van die grade is die Novembereksamen om die draai, en dán lê ‘n welverdiende Desembervakansie voor. Geniet elke oomblik daarvan, reis veilig en kom wees deel van ‘n opwindende 2025 hier by JF. Soos ‘n tipiese skooljaar was daar baie op- en afdraandes. Elke nuwe dag, week, maand en kwartaal het sy kwota uitdagings ingehou. Die Here se genade en liefde was egter elke dag nuut, net soos wat Hy in sy Woord vir ons belowe. Ons gee aan Hom al die eer, en dank Hom as ’n vergenoegde JF-gemeenskap. 2. JF-FAMILIE 2.1 OUERS JF is hierdie jaar 65 jaar jonk, en ons voortbestaan sou nie moontlik wees sonder die ondersteuning en lojale samewerking van ons ouergemeenskap nie. Baie dankie vir elke stukkie positiwiteit, lojaliteit en opbouende kritiek wat ons hierdie jaar van u as ouers ontvang het. Sáám maak ons ‘n gedugte span, wat die toekoms met vertroue tegemoet gaan. In die ekonomiese klimaat waarin Suid-Afrika, maar ook die wêreld homself bevind, kan daar nie ‘n groter dankie wees as aan elke ouer/voog wat getrou hul bydrae tot die skoolfonds gelewer het nie. Dit gaan nie ongesiens verby nie en u kan weet dat elke sent met groot omsigtigheid hanteer word. Ons droom sal altyd wees om vir elke kind ‘n gelukkige JF-tuiste te bied, want ons weet dat gelukkige kinders presteer. Ouers/Voogde, ons respekteer u groot bydrae en ons ag dit as ongelooflik waardevol. 2.2 PERSONEEL ‘n Mens kan maar net nie help om trots te wees op JF se onderwyspersoneel nie. Onderwys sonder onderwysers is ‘n ondenkbare gedagte. Ja, tegnologie het gekom om te bly en ons by JF sal hierdie nuwe toekoms met albei hande aangryp, maar onderwys is tog soveel meer as net die oordra van kennis, voltooiing van ‘n sillabus en probleemoplossing … Daarom eer ek elke personeellid wat hierdie jaar soms as vertroueling, sielkundige, verpleegster, vermaner, polisieman, opvoedkundige, lewensafrigter, motiveerder, en nog baie meer, moes optree. Dankie vir die verskil wat julle in die JF-gemeenskap maak. Ons jaar het op ‘n baie hartseer noot begin met die afsterwe van me. Karlien vd Merwe, en deur die loop van die jaar het drie ander onderwysers ander betrekkings aanvaar. Met die ooievaar wat ook nie op 2

PRYSUITDELING

PRYSUITDELING

2024 hom laat wag het nie, is vyf personeellede swanger, of reeds met kraamverlof. Dit het ‘n uitdaging op sy eie tot gevolg gehad. Die herstrukturering van die werksverdeling, aangepaste skoolroosters en aanstelling van bekwame onderwysers het alles bygedra tot die suksesvolle afhandeling van die akademiese jaar. Ek wil graag die samestelling van die skool se personeel en leerders aan ons ouers deurgee sodat almal die kompleksiteit van ons pragtige skool kan begryp: Onderwysers 51 Assistentonderwysers 0 Administratiewe personeel 5 LOO-personeel 6 Kunste-akademie 19 Terreinpersoneel 10 Koshuispersoneel 11 Buite-afrigters 30 Sportwetenskaplike 1 Busbestuurder 1 Fisioterapeut 1 Invorderaar 1 Dupliseerdame 1 Bemarker/Fondswerwer 1 Sekuriteit 1 Leerders 1104 2.3 LEERDERS Dit is julle wat ons harte “groen” laat klop, dit is julle wat onderwys die moeite werd maak. Hier sal altyd plek vir jou wees, met jou eiesoortige persoonlikheid, gawes en talente. Tienerwees is dalk nie die maklikste fase om in jou lewensbestaan te wees nie, maar onthou altyd: “Never confuse a moment in life with life itself.” Baie dankie aan elkeen van julle wat die ekstra myl geloop het, die middernagolie gebrand het, toere opwindend gemaak het, en vir elke vriendelike groet en handdruk. Ons harte gaan uit na ons maats wat deur donker dieptes moes gaan, op persoonlike vlak, asook dié wat geliefdes aan die dood moes afstaan of ernstig siek geword het. As ons lag, dan lag ons saam, en as ons huil, dan huil ons saam… Baie geluk met al die suksesse wat behaal is, ligas wat verower is en kampioene wat gekroon is. Ja, daar was ook teleurstellings, en ek is trots op die manier waarop jul geleer en weer opgestaan het om die wêreld in die oë te kyk. Mense het al lankal die telling van ‘n wedstryd vergeet, maar hulle sal nooit vergeet hoe hulle opponent hul laat voel het nie. JF is ‘n skool vir gewone kinders met wie daar op ‘n ongewone manier gewerk word sodat hulle, soos die skool se leuse aanmoedig, saai om te oes! 3

PRYSUITDELING

PRYSUITDELING

2024 3. AKADEMIE 3.1 MATRIEKUITSLAE Jim Fouché se kernbesigheid is akademie, en daarom is ons trots om jaar na jaar uitstekende akademiese uitslae te lewer. Hier volg ‘n opsomming van 2023 se uitslae: • 100%-slaagsyfer. • 91% van leerders slaag met Universiteitstoelating. • Dertien leerders word na die Departement se “Well Done”-funksie vir toppresteerders genooi. • Sestien vakke se gemiddeld is bo 60%. • Jim Fouché ontvang die Departement van Onderwys se toekenning vir Wiskunde as een van die top 10 skole in die Vrystaat. • Nege en twintig leerders verwerf 6 of meer onderskeidings. 8 onderskeidings: Carlise Botha Marietha Pool Christiaan Wilken 7 onderskeidings: Alex Bezuidenhout Anria de Beer Zané de Villiers Michelle du Rand Chynelle Ellis Elné Fourie Stephanie Hattingh Carli Jacobs Gerhardus Janse van Rensburg Monique Kotze Joshua Venter Renienke van Heerden Anri van der Walt Nicolene van der Merwe Marlé van der Merwe Inge Pretorius Marko Oelofse Lize Laubscher Larisca Labuschagne 6 onderskeidings: Franco Deacon Aldrich Kaalsen Stephan Malan Alet-Mari Oosthuizen Clarissa Venter Zhack Struwig Pieter Smit 4

PRYSUITDELING

PRYSUITDELING

2024 3.2 UITSLAE: RES VAN DIE SKOOL (SLAAGSYFERS) GRAAD 8: GRAAD 9: GRAAD 10: GRAAD 11: 99,2% 99,1% 99,5% 99,5% 3.3 OLIMPIADES EN AKADEMIESVERWANTE KOMPETISIES ❖ Vrystaat en Noord-Kaap Nautilus Wiskundekompetisie Daar is drie leerders in die senior span en vier leerders in die junior spanne. ❖ South African Mathematics Olympiad Vier leerders is uitgenooi na die derde rondte. ❖ InIMC Mathematics Olympiad Een van JF se leerders verteenwoordig Suid-Afrika in Indië tydens die derde kwartaal. ❖ Wiskundekompetisie – Beeld, Burger, Volksblad JF behaal ‘n eerste- en tweede plek by die junior afdeling in die Vrystaat en ‘n eerste- en tweede plek in die senior afdeling. Nasionaal behaal ons ‘n eerste plek in die junior afdeling. ❖ Vrystaat Departementele Wiskunde Olimpiade JF het vier leerders wat aan die finale rondte gaan deelneem. ❖ Vrystaat Departementele Rekeningkunde Olimpiade Twee leerders in graad 12 is deur na die tweede rondte van die olimpiade. ‘n Eerste plek in Motheo en die Vrystaat, asook ‘n agste plek in die Vrystaat word behaal. ❖ NASO Olimpiade (National Science Olympiad) Altesaam 49 JF-leerders het vanjaar aan die NASO Natuur- en Lewenswetenskappe Olimpiade deelgeneem. ❖ Departementele Gr. 9 Natuurwetenskap Olimpiade Altesaam 35 JF-leerders, met ‘n gemiddeld van 70% en meer, het vanjaar aan die Departementele Olimpiade vir Natuurwetenskap deelgeneem. Drie leerders dring na afloop van die skoolvlakolimpiade na distriksvlak deur. 5

PRYSUITDELING

PRYSUITDELING

2024 ❖ Eskom Ekspo Vanjaar het twee graad 11-leerders aan die Eskom Ekspo se streeksbyeenkoms deelgeneem, waar een ’n brons en die ander ’n goue toekenning ontvang het. Die laasgenoemde leerder het vir ’n tweede agtereenvolgende jaar ’n goue toekenning behaal, asook die prys vir die beste projek in sy kategorie “Computer Science and Software Development.” (Dit is nie noodwendig alle goue pryse wat hierdie voorreg kry nie.) Verder is hy ook op ‘n kortlys geplaas om die Vrystaat op internasionale vlak by die ISF (International Science Fair) te gaan verteenwoordig. ❖ Junior Afrikaans Huistaal Olimpiade Die Afrikaans Junior Olimpiade word jaarliks in September geskryf. Die uitslae word egter eers ná die jaarlikse prysuitdeling bekend gemaak; daarom word die erkenning en toekenning van 2023 se uitslae eers in 2024 gedoen. • ❖ Ses leerders behaal prestasies onder die top 20 in die Vrystaat, nl ‘n derde, ‘n vierde, vyfde, sesde, negende en tiende plek. Senior Afrikaans Huistaal Olimpiade Die seniors het aan die jaarlikse ATKV Nasionale Afrikaans Olimpiade deelgeneem. Drie leerders is in die top 20 provinsiaal, terwyl JF ook 'n 2de en 3de plek provinsiaal opgelewer het. ❖ Vrystaat Fisiese Wetenskap Olimpiade Na afloop van hierdie Olimpiade vir graad 10-12 leerders, word ses van JF se leerders na die Skeinat Konvensie in Potchefstroom genooi. Twee leerders in graad 11 en een leerder in graad 12 eindig onder die top 10. ❖ Brugboukompetisie Drie spanne het aan die Vrystaatkompetisie deelgeneem en behaal ‘n tweede, vierde en negende plek. ❖ Multimole Fisiese Wetenskap Olimpiade Tydens hierdie olimpiade het JF een span ingeskryf wat ‘n derde plek Nasionaal behaal het. Een leerder behaal ‘n sesde plek in die graad 11-afdeling. 6

PRYSUITDELING

PRYSUITDELING

2024 4. LEERDERONDERSTEUNING EN -ONTWIKKELING (LOO) 4.1 LEERDERONDERSTEUNING ❖ Emosionele en akademiese ondersteuning Meer as 250 leerders ontvang akademiese en/of emosionele ondersteuning van die maatskaplike werkers. Tydens hierdie hoofsaaklik individuele sessies, word gefokus op die leerder se behoeftes rondom akademie, soos studiemetodes, opsommingsmetodes en tydsbestuur. ❖ Graad 8 akademiese aanpassings Gedurende die eerste kwartaal het alle graad 8-leerders groepsessies ontvang waartydens daar op die basiese studiemetodes gefokus is. Hierdie sessies is voortgesit in kwartaal 2 op ‘n meer individuele benadering. Alle graad 8-leerders en hul ouers het ook ‘n inligtingsaand bygewoon waartydens waardevolle inligting rakende die verantwoordelikhede en verwagtinge van ‘n hoërskoolleerder deur die LOO2-personeel oorgedra is. ❖ Middagstudie Op Maandag tot Donderdag vanaf tweeuur tot vyfuur word ‘n middagstudieklas vir ongeveer 40 leerders aangebied. Die leerders is onder toesig van ervare JF-personeel. ❖ Graad 9-vakkeuse en ondersteuning Die jaarlikse graad 9-inligtingsaand is op 16 April 2024 gehou. Die vakinhoud van die onderskeie vakke is met behulp van visuele aanbiedings deur die vakpersoneel verduidelik en bykomende inligting is deur die LOO-personeel verskaf. Die vakkeuseproses is gedurende Augustus afgehandel, waartydens leerders en hul ouers individueel met hul voorgenome keuses vir 2025 bygestaan is. Alle graad 9-leerders het in kwartaal 2 groepsessies ontvang waartydens daar op studiemetodes gefokus is. ❖ Beroepedag 8 April 2024 Uitstallers het hulle onderskeie beroepsrigtings bemark. Dié instansies het individueel met die leerders gesels en aan hulle waardevolle inligting oor die verskillende studierigtings verskaf. ❖ Eksamenkonsessies Geïdentifiseerde leerders ontvang jaarliks alternatiewe en/of aangepaste wyses van assessering gedurende eksamens. Buitepersone word hiervoor as toesighouers opgelei, wat impliseer dat hierdie diens teen vergoeding aangebied word. 7

PRYSUITDELING

PRYSUITDELING

2024 4.2 LEERDERONTWIKKELING ❖ Waardes Waardes, eerder as reëls, is vir ons belangrik. Dus bepaal ons waardes die atmosfeer waarbinne ons funksioneer. Deur ons waardes wil ons by Hoërskool Jim Fouché ‘n platform van vertroue en uitnemendheid skep waar elke leerder, getrou aan ons visie en missie, in elke aspek van geheelmensontwikkeling sal groei om sy/haar potensiaal te bereik. Gedurende die eerste en derde kwartaal is ‘n week per waarde afgestaan. Die VVK’s van elke graad, asook die JFFJ-leiers, het seker gemaak dat die skoolwaarde wat aan hulle toegeken is, by leerders ingeskerp word. Gedurende die Omgeeweek is die “Sunflower House” en “Therapea Kinder- en Jeugsorgsentrum” ondersteun. ❖ JFFJ Geheelmensontwikkeling is ‘n belangrike element van ons skool se missie. JFFJ (Jim Fouché for Jesus) fokus op die geestelike versorging van ons leerders. Die visie van JFFJ is om elke leerder wat hom/haar vrywillig onderwerp aan hulle inspraak, met die liefde en geduld van Jesus, te begelei na ‘n lewende verhouding met God Drie-enig, en ook om hulle te lei om hul ware identiteit in Hom te vind en om hul lewensdoel te ontdek, sodat hulle ware ambassadeurs vir Jesus Christus sal wees waar hulle ook eendag sal werk en leef. Leerders het in groot getalle by die JFFJ-aktiwiteite opgedaag, wat insluit JFFJ-aande, Alpha, Spirit gym, Groei in God (GIG), Fathers Embrace-kamp en ons derde Bybelolimpiade. Die Bybelolimpiade het oor die Evangelie van Matteus gehandel. Ses en veertig leerders het hieraan deelgeneem en R3000 se prysgeld is toegeken. Mag dit bydra tot ‘n kultuur van Bybellees in JF. ❖ JFMP Getrou aan ons skool se visie en missie, is Jim Fouché Motivering en Persoonlikheidsontwikkeling ‘n inisiatief wat in 2018 geloods is. Leerders kan kies om die sessies tydens JFperiodes by te woon. Dié periodes word gebruik om waardes by ons leerders vas te lê. ❖ Entrepreneursklub Die wêreld om ons is vinnig besig om te verander. Dit is daarom nodig om die opvoeding van ons leerders vir die arbeidsmark hierby aan te pas. Op 8 April 2024 is ‘n markdag gehou waar ons leerders die geleentheid gehad het om sakgeld te verdien. Die klub het ook skryfbehoeftepakkette beskikbaar gestel vir die graad 8-klas van 2024. 8

PRYSUITDELING



Flipbook Gallery

Magazines Gallery

Catalogs Gallery

Reports Gallery

Flyers Gallery

Portfolios Gallery

Art Gallery

Home


Fleepit Digital © 2021